TOERJOERNAAL ANGOLA
FANIE
EN BARBARA SCHOONEES
JULIE
TOT SEPTEMBER 2013
Hoofstuk 1 Inleiding: Bloemfontein na Pretoria
Diep in ons hart
is ons as Afrikaner seker maar almal Trekkers, of Dorslandtrekkers.
Ek het dit in
elk geval diep in my gene om te wil trek, oftewel dan, om te toer.
Hoop maak die reis moontlik.
Geloof maak dit maklik.
Liefde maak dit onvergeetlik mooi.
Ons goeie
vriende van Bloemfontein, Japie en Annie Maré, het ons aan die Dorslandtrekkers
bekend gestel. Annie is ’n nageslag van
die Trekker en is sewe jaar nádat die trek na Suid-Wes-Afrika teruggekeer het,
gebore.
Japie het aan my
’n paar boeke oor die Dorslandtrek geleen wat ek met graagte gelees het. Daarin het ons vertroud geraak met die
omstandighede, lewenswyse, pyn en lyding van die Trekkers.
Japie en Annie
het ons ook vertel van hul toer deur Angola op voetspore van die
Dorslandtrekkers en dat daar in 2013 weer so ’n fees by Swartbooisdrift en toer
deur Angola gaan wees. Ons het dadelik
belanggestel en saam met hulle beplan om die fees by te woon en die toer mee te
maak.
Ongelukkig
ontwikkel Annie toe ’n mediese bestelling in hierdie tyd van die toer in
Bloemfontein en kon hulle nie meer saamgaan nie. Ons het egter besluit om voort te gaan.
VISUM-AANSOEKE
Die verkryging
van ’n visum is ’n storie op sy eie.
Ons vir ’n
uitnodigingsbrief van iemand in Angola nodig om vir ’n visum aansoek te
doen. Die organiseerders van die toer
reël met ons dat ons so ’n brief kan kry by Flamingo Lodge in Angola op
voorwaarde dat ons wel in die lodge sal tuisgaan wanneer ons daar kom. Dit klink vir ons billik. Ons reël toe reeds in Junie-maand dat die
brief per faks gestuur sal word na ons skoonseun se kantoor in Pretoria.
Toe ons op die
laaste by Johannes na die aankoms van die brief verneem, deel hy ons mee dat sy
fakslyn se kabels in die buurt gesteel is en dat hy vir weke reeds nie fakse
kan ontvang nie. Ons laat weet toe
onmiddellik vir Flamingo dat die faks eerder na my broer se seun, Norman
Schoonees se kantoor, of verkieslik direk na die ambassade, gestuur moet word.
Op 24 Julie 2013
ry ons deur Pretoria en gaan ons kyk waar die Angolese Ambassade is. Die ingang is toe nie in Schoemanstraat soos
wat die adres is nie, maar in Pretoriusstraat.
Die hekwag sê vir ons dat besoekure alleenlik in die oggende is en dat
ons teen 9:00 daar moet wees.
Die volgende
oggend is ons toe voor 9:00 daar. Daar staan reeds ’n klompie mense in die ry
om in te gaan. Ons teken in toe ons beurt
kom. In die wagkamer sit ons in die rye
stoele en wag ons beurt af.
Dit neem ons bykans
2 ure om deur die rye te beweeg en ’n beurt by die toonbank te kry. Daar verneem ons dat hulle nie ’n
uitnodigingsbrief van Flamingo Lodge ontvang het nie soos wat ons versoek
het. Ons moet ook ’n skriftelike bewyse
indien van die pensioene wat ons 2 ontvang.
Ons ry toe na die Staatspensioen-kantoor en kry die nodige vir Barbara
se pensioen.
Tuis vra en pleit
ek weer by Flamingo Lodge om asb. die uitnodigingsbrief na Norman aan te
stuur. Ek pleit ook by die Sinodale
Kerkkantoor in Bloemfontein per e-pos sodanige brief vir my pensioen aan. Die antwoord kom op die volgende dag terug
dat hulle dit van Ou Mutual moet aanvra.
Ek skryf weer dat ek dit dringend benodig en kry dit toe darem nog ’n
dag later.
Op Maandag en
Dinsdag, 29 en 30 Julie is ons weer na die ambassade, weer deur die ry van
mense wat wag om die gewensde stukke in te gee, maar ook telkens meegedeel dat
die brief steeds nie daar is nie, in weerwil van die feit dat hulle ’n nuwe
faksnommer aan ons gegee het.
Intussen het ek
by Flamingo gepleit om die brief per e-pos aan ons te stuur. Dit het ek toe uiteindelik op Woensdagoggend
om 8:00 ontvang. Ons laat dit by ’n
besigheid naby uitdruk en laat waai na die ambassade
Op Woensdag, 31
Julie is al die stukke toe ingedien en kan ons die visums binne 8 dae kom
afhaal. Hierop vertrek ons toe na die
BBTC by Barberton om by Barbara se suster en swaer te gaan kuier.
Toe ons op Woensdag,
7 Augustus terugkeer is ons vol verwagting dat ons die visums sal kry. Ons ry Pretoria binne en ry by die ambassade
aan. Die visums het nog nie teruggekom
nie.
Dieselfde slegte
nuus het ons op die volgende ag ingewag,
Die Vrydag was ’n publike vakansiedag.
Die ambassade is so vriendelik om vir ons te beloof dat hulle ons op die
vakansiedag sal bel as dit aankom.
Ons was van plan
om vir die naweek Rustenburg toe te gaan en dan direk van daar op Dinsdag, 13
Augustus, na Botswana te vertrek. Ons
moes toe op die Dinsdag na Pretoria terugkeer net om te hoor dat dit visum
steeds nie daar is nie.
Ons kry die
visums toe eers op Woensdagmiddag, 14 Augustus.
Op die middag is daar toe ook ’n besigheidsman van Mauritius wat net so
moedeloos met die ambassade is. Ons kon
lekker met hom gesels en ons nood teenoor mekaar uitspreek. Ons het so by mekaar aansluiting gevind dat
hy ons vir ’n vakansie na sy huis in Mauritius genooi het!
Nodeloos om te
sê dat ek nie eintlik ’n dankbetuiging teenoor die klerk by die ambassade gehad
het nie, maar my vrou het my weerhou van enige kommentaar en sy het ons dank en
waardering vir die vriendelike en geduldige diens oor te dra.
Op Donderdag, 15
Augustus kon ons uiteindelik, 2 dae laat, na Angola vertrek
Die aansoek om
visums na Angola was sommer ’n boek op sy eie.
Dinsdag, 23 Julie 2013 Vertrek uit Bloemfontein
Ons vertrek is
vir ’n dag uitgestel weens werk en verpligtinge wat ek aan eiendom in
Bloemfontein gehad het. Ons pakkery is
ook hierdeur in die wiele gery en on vertrek eers teen 12:00 die middag van die
huis af. Die Toyota-bakkie is gelaai met
ons kamptoerusting en voorrade. Die
spaarwiel in nog nie op die dak nie en sal op die laaste daar gemonteer word.
Ons laat ons met
hartseer ons vriend, Merwe de Kock, wat baie ernstig siek is, agter. Ons het hom en sy vrou, Lydia, in die
afgelope weke sovêr moontlik in die hospitaal bygestaan.
Ons stop by
Ventersburg en eet ons eie padkos. Ons
is mos Dorslandtrekkers!
Van hier ry ons
deur na Pretoria en arriveer teen 17:30 by ons seun en sy vrou, Fanus en
Jacoline by hul huis in Fonteinelaan 308 in Lyttelton-Manor.
Fanus en Jacoline voor hul huis in Pretoria
Woensdag, 24 Julie 2013 Pretoria Doktersbestelling
Ons het om 14:00
’n bestelling by dr. Elnemarie Burden vir ’n moontlik operasie aan Barbara se
oor. Voor die bestelling ry ons eers na
Hatfield om te gaan seker maak waar die Angolese Ambassade is.
Na die
doktersbestelling besoek ons ons familie se ou tante, Fie du Toit in ’n
ouetehuis. Daarna ry ons ook na Colbyn
om Barbara se neef, wyle Helgard Theunissen, se weduwee in ’n ouetehuis te gaan
besoek.
Donderdag, 25 Julie 2013 Pretoria Visumaansoeke
Ons besoek die
Angolese Ambassade in Pretoriusstraat.
Ons sit vir meer as ’n uur in die ry en kom uiteindelik aan die
beurt. Ons het gevra dat die Flamingo
Lodge se agent in SA vir ons die uitnodigingsbrief na ons skoonseun, Johannes
se kantoor moet stuur. Toe ons navraag
doen, ontdek ons dat Johannes se kantoor se telefoonlyne in die straat gesteel
is en dat hy geen fakse kan ontvang
nie. Ons reël toe dat die fakse na my
broer se seun, Norman, gestuur met word, sowel as ’n afskrif na die ambassade
self.
Die ambassade
verlang nog die volgende dokumente:
·
Brief van die Sinodale Kantoor
oor my pensioen.
·
Brief van die
Staats-Pensioenkantoor oor Barbara se pensioen.
·
Uitnodigingsbrief na Angola.
Ons ry toe na
die Staats-Pensioenkantoor in Hamiltonstraat en kry dadelik ’n brief om Barbara
se pensioen te bevestig.
Ons ry huis toe
en ek skryf aan die Sinodale Kantoor in Bloemfontein oor my pensioen en ook
weer aan die agent van Flamingo Lodge.
Ek ontdek dat ek
die storttent by die huis vergeet het en ons gaan bestel een in Centurion. Met die terugkom, ry ons by Pep en Sarita
Scholtz aan vir ’n onaangekondigde besoek en drink daar koffie.
Vrydag, 26 Julie 2013 Pretoria
Ons is in
afwagting van die brief van die Sinodale Kantoor en kan nie vandag iets aan die
visumaansoek doen nie.
Om 12:00 het ons
’n afspraak by Muelmed-Hospitaal vir skandering van Barbara sê oor.
Die middag werk
ons in Fanus se tuin.
Die aand kom
Koos en Katrien, hul seun, Martiens en sy seuntjie, oor om saam te braai. Esperance en Johannes en kinders kom
ook. Johannes het op die dag sy hand
oopgesny en moes die laat toewerk.
Saterdag, 27 Julie 2013 Pretoria
Ons kuier by Albert
en Maretha Alberts in Sidneystraat, Waterkloof.
Albert is die seun van prof. Louw Alberts en Albert was dokter in
Bloemfontein tydens sy spesialisasie in onkologie. Vandaar ons verbintenis.
Die middag kom
Johannes en Esperance na ons oor om rugby te kyk. Johannes het op die vorige dag sy hand
oopgesny en moes die laat toewerk. Nou
kan hy nie golf speel nie!
Sondag, 28 Julie 2013 Pretoria
Ek en Barbara
gaan na die oggenddiens in Moreletapark.
Ná kerk ry ons
saam met Jacoline om vir Fanus by die lughawe te besorg. Hy moet vir ’n paar dae in Qatar gaan werk.
Teen 15:30 ry
ons met Jacoline by ons na my broer, Johan se woonstel van waar ons agter hom
aanry na sy vriendin, Amanda, sê woonstel in te behuisingskema aan Simon
Vermootenweg noord van die N4. Sy
trakteer ons op ’n vingerete.
Maandag, 29 Julie 2013 Pretoria Visumaansoeke
Ek ontvang die
brief van die Sinodale Kantoor in Bloemfontein en laat dit uitdruk by ’n
besigheid in Lyttelton.
Ons val weer by
die ambassade in die ry en gee ons gevraagde stukke in, maar hulle het nog geen
brief van die lodge ontvang nie. Ons
draai weer teleurgesteld om.
Tuis skryf ek
weer aan die lodge se agent en vra dat die fakse dringend aan Norman en aan die
ambassade gestuur moet word.
Dinsdag, 30 Julie 2013 Pretoria Visumaansoeke
Ons besoek weer
die ambassade. Ons sit weer deur die
lang ry. Hierdie keer neem hulle ons
paspoorte in en sal ons skakel sodra die faks deurkom.
Tuis skryf ek
weer dringend aan die agent en vra of die brief nie per e-pos aan my gestuur
kan word nie.
Woensdag 31 Julie 2013 Pretoria Visumaansoeke Na Barberton
Dié oggend
ontvang ek uiteindelik die gevraagde brief met uitnodiging na Angola per
e-pos. Ek laat druk dit in Lyttelton en
ry na die ambassade. Die ry is vandag
darem nie so lank nie.
Die brief word
aanvaar. Ons aansoeke is amptelik in en
ons kan die visums na 8 dae kom haal.
Ons gaan pak
tuis en ry die middag met die bakkie na Barberton se Bybelkollege (BBTC). Ons gaan kuier vir ’n paar dae by Barbara se
swaer en suster by die kollege tussen Barberton en Kaapmuiden.
Ons arriveer
teen 17:00 by BBTC. Ons goeie vriende,
Thys en Elsa Mulder, is ook by die kollege om te help met die klas gee en ander
take.
’n Deel van BBTC vanaf die kruis-koppie
’n Deel van die vallei van genade vanaf die kruis-koppie
Donderdag, 1 Augustus 2013 BBTC
Ons ry met Shy
se Ford Barberton toe. Ek bestuur.
Elreza en
Barbara laai my naby die hospitaal af.
Hulle gaan besoek pasiënte in die hospitaal en gevangenes in die
tronk. Hulle sing vir 1 ½ uur by die
tronk.
Ek doen vir die
kollege aankope; onder andere ’n batterylaaier vir die voertuie. Ek koop vir myself neute, piesangs,
denimbroek, sap en koerant. Ek besoek
ook Absa-bank vir my eie sake. Ek wag
die vrouens by die Wimpy in. Hier
ontmoet ek ’n Nederlandse gesin wat in SA toer.
Ek kuier lekker met hulle.
Die vrouens daag
eers teen 15:00 op en ons ry terug kollege toe.
Die aand gaan
braai ons op uitnodiging met die plaaslike boerevereniging by Low’s Creek.
Vrydag, 2 Augustus 2013 BBTC Na Nelspruit
Ek lei die
oggend die toewydingsdiens in die kapel vir die kollege uit Psalm 91.
Vir die res van
die oggend help ek met takies by die kollege en installeer onder ander goed wat
ek die vorige dag gekoop het.
Ná ete ry ek en
Barbara na Nelspruit om by ons neef en niggie, Lex en Ika Beste op die Steiltes
te gaan kuier.
Saterdag, 3 Augustus 2013 BBTC Na Nelspruit
Ons besoek saam
met Lex en Ika hul skoonseun en dogter, Martin en Callie by hul meenthuis in
Nelspruit.
Daarna gaan eet
ons saam by Muck en Bean by die Mall daar naby.
Teen 16:00 gaan
stap ek en Barbara en stap teen die koppie uit by die watertoring vanwaar mens
’n reuse uitkyk oor Nelspruit en die vlaktes rondom kry.
Tuis kyk ons
rugby waar die Leeus teen die Kings hul tweede promosie/relegasie-wedstryd
speel. Toe dit lyk of die Leeus maklik
gaan wen, ry ons 15 minute voor die einde terug na die BBTC. Wat ons toe mis, is die eindpoging van die
Kings wat toe die wedstryd wen, maar net nie genoeg gesamentlike punte het om
na die Super 15 te promoveer nie.
By BBTC dag ons
die Mulders wag vir ons om die voorgenome DVD te kyk, maar alles is nie gereed
nie en uiteindelik kry ons nie klank op die sisteem nie. Ons terugjaag was dus verniet! Dit is ook dieselfde dag dat ons
gemeenskaplike vriendin, Retha du Row by die kollege aankom om as personeellid
te kom help met die boekhouding.
Sondag, 4 Augustus 2013 BBTC
Ons ry almal
Barberton se NG Kerk toe vir die erediens.
Daarna drink ons met die gemeente saam ee.
Ons ry na die
Wimpy vir melkskommels. Daarna ry ons ’n
ent die berg uit vir uitsig oor Barberton.
Om 12:30 gaan
ons vir ete by Ben en Suzette in Barberton
Hulle het ook ’n paar ander gaste waaronder ’n Duncan, met hul
eggenotes.
Maandag, 5 Augustus 2013 BBTC
Thys en Elsa
begin hul lesing-reeks oor evangelisering van Moslems. Ons woon die lesings by. Iewers kry Barbara saam met Elreza ook ’n
spreekbeurt.
Teen 11:00 roep
Burt my om saam met hom dorp toe te ry. Ons
ry met die wit Nissan-bakkie wat Retha vir die kollege geskenk het. Hy laai my naby Ben se huis af waar ek op sy
uitnodiging verdere fotostate van ons reisdokumente gaan maak.
Van hier stap ek
dorp toe. Ek stap verby die huis waarin
my broer en sy vrou, Johan en Norma met hul kinders, in die sestigerjare gewoon
het.
In die dorp koop
ek weer ’n paar goedjies by die ysterware.
Ek gaan pos stukke vir Shai.
Langs die pad koop ek piesangs en by die Wimpy, koerant en ’n
melkskommel.
Burt was in die
tussentyd Nelspruit toe om vir Alfred by die bushalte te gaan ry. Die bus was ’n uur laat en hy kry my eers teen
15:10. Ek koop vir hulle botteltjies sap
en ry terug.
Dinsdag, 6 Augustus 2013 BBTC
Ons hou onsself
die dag handig by die kollege. Ons kuier
met die twee Mulder-egpare.
Shy agter sy
lessenaar by BBTC.
Elreza en
Barbara in in hul element.
Sport-dag by die
kollege
Woensdag, 7 Augustus 2013 BBTC Na Pretoria
Ons ry met ons
bakkie terug na Pretoria. Toe ons die middag
die stad inry, gaan ons by die ambassade aan maar die visums is nog nie daar
nie. Hulle onderneem om ons te skakel
wanneer dit aankom.
Donderdag, 8 Augustus 2013 Pretoria
Ons ry die
middag weer na die ambassade. Ons
spandeer daar tyd vanaf 14:00 tot 15:45.
Ons visums het
nog nie gekom nie. Die amptenaar agter
die koeëlvaste glas onderneem om ons te bel as dit die volgende dag kom. Die volgende dag is ’n vakansiedag in
Suid-Afrika (Vrouedag), en ons hoop vir ’n telefoonoproep is maar laag.
Ons verduidelik
dat die vertraging ons program beïnvloed en dat ons spesiaal hiervoor na
Pretoria sal moet terug ry, maar hulle voel min hieroor.
Vrydag, 9 Augustus 2013 Pretoria
Ons spandeer die
eerste deel van die dag saam met Fanus en Jacoline tuis. Ek en Fanus werk aan die laaitjie in die
badkamer onder die spieëlkas. Ons wag
tevergeefs dat die telefoon vanaf die ambassade moet lui.
Die aand ry ons
saam na die Asbos-teater in Lynnwoodweg waar Esperance ’n konsert aanbied: “Winternag”.
Esperance sing in die Asbos-teater
Ons is heel
verras met die mense wat teenwoordig is.
Die is ’n groot deel van ons familie en vriende in Pretoria: My Broer, Johann en sy vriendin,
Amanda, en sy dogter, Lillah, sy seun,
Norman. Ons vriende: Wim en Gerda de Beer, Morné en Nicolene Pretorius, George en Werda Peach, en Piet en Anna Conradie.
Deel van die
gehoor in die Asbos-teater
Jacoline is die fotograaf
Esperance
in haar optrede in die Asbos-teater
Esperance
in haar optrede in die Asbos-teater
Esperance
in haar optrede in die Asbos-teater
Esperance
in haar optrede in die Asbos-teater
Ons is weereens
baie verras en ingenome oor ons oudste dogter, Esperance, wat so in ’n sangeres
ontpop het. Ons bly nederig-dankbaar
teenoor die Here wat haar hierdie talente en ontwikkeling gegee het.
Saterdag, 10 Augustus 2013 Pretoria
Ek en Barbara
besoek ons vriende, Hennie en Lizel Cronje in Midstreams, ’n nuwe
dorpsontwikkeling suid van Centurion.
Fanus en
Jacoline gaan koop vir hulle vyf nuwe stoele vir huis sitkamer. Die middag werk en ek Fanus vêrder aan die
laai in die badkamer.
Daarna kom
Johannes en Esperance na ons oorgekom te kom rugby kyk. Johannes het die vorige dag sy duim met ’n
werksmes oopgesny en moes steke kry. Nou
kan hy nie golf speel nie.
Sondag, 11Augustus 2013 Pretoria Na
Rustenburg
Ons laai al die
so veel moontlik kamptoerusting uit die bakkie en ry teen 1300 na Rustenburg.
By Hartbeespoort
ry ons by ons oud-kollega, Johan en Esta Joubert aan waar hulle as afgetredenes
woon. Esta het ongelukkig Alzheimer
opgedoen en woon in ’n tehuis in Brits.
Sy is gelukkig vir die naweek tuis en ons kry haar ook te sien.
Barbara sê dit
maak haar skoon moedeloos om boek te hou van wie ons almal al besoek het, en
wat ons alles doen. Daarom hou ons
dagboek!
Ons arriveer net
na 6:00 by Johannes en Charlotte in Rustenburg en is net te laat om hul seun,
Johan en sy vrou, Sunieda en van die
kinders ook daar te sien te kry.
Hulle het pas terug na Pretoria toe vertrek.
Ons gaan stap ’n
lekker vêr ent en kuier die aand lekker saam.
Maandag, 12 Augustus 2013 Rustenburg
Ná ontbyt neem
ek en Johannes die bakkie na die Toyota-handelaar vir die 90 000
km-diens. Dit is nie ’n groot diens nie
en behoort gou klaar te wees. Die bakkie
se tenk is so leeg dat ek eers R1000-00 se diesel ingooi. As ek geweet het hoe duur dit vorentoe gaan
wees, het die eerder volgemaak.
Johannes neem my
na ’n vrou in ’n woonstel wat hare sny en ek laat my hare kort sny vir die
toer.
Ek kry ook ’n
tak van Multi-choice en laat die DSTV kanselleer.
In die mall loop
ons ’n vrou raak wat Johannes ken. Toe
hy my voorstel, ontdek ek dat die Verena is, die suster van ’n
kleuter-boesem-maatjie van my, Emil Venter.
Ons het toe redelik lank daar staan en gesels. Ek kry ook Emil se telefoonnommer: 079 968 2693.
Ons kom eers
teen 12:30 tuis. Charlotte kla dat dit
altyd met Johannes so gaan as hy “gou” dorp toe gaan.
Toyota bel my om
te sê dat daar ’n paar foute aan die bakkie opgespoor is. Die waterpomp moet vervang word, die
injektors is foutief en daar is ’n olielek aan die tappet-cover wat
herstel moet word. Die kwotasie vir die werk is net duskant die
R8 000-00 !
Ek het gedink
ons het ’n nuwe bakkie totdat die 90 000 km-diens gedoen word!
Jacoline besoek
die Angolese ambassade in Pretoria namens ons om ons visums te kry, maar die
het nog nie arriveer nie.
Die middag kry
ons eers ’n slapie in. Teen 16:45 gaan
haal ek en Johannes weer die bakkie.
Ons gaan stap
weer ’n lekker ent en geniet ’n aand saam.
Dinsdag, 13 Augustus 2013 Rustenburg Na Pretoria
Ek en Johannes
gaan koop buisligte vir die kombuis en opwaskamer. Ons installeer dit vir Charlotte.
Ons ry terug na Pretoria
en arriveer aar net na 16:00. Jacoline
het nie kans gehad om weer die Angolese ambassade te bel nie. Ons moet dus nog ’n dag oorstaan.
Sy moet die aand
18:00 na Malawi vertrek en het haar hande vol.
Sy moet in Kenia gaan draai en moet vir 6 ure lank die nag moet oorstaan
in die lughawe-gebou van Nairobi wat kort tevore in ’n brand verwoes is. Die verbrande lughawe…!
Woensdag, 14 Augustus 2013 Pretoria
Ek werk weer aan
laai in die badkamer en skaaf ’n balkie daarvoor.
Ons besoek Pep
en Sarita Scholtz.
Om 14:00 is ons
by die Angolese ambassade en kry uiteindelik ons paspoorte en visums. Ek is oorgehaal om vir hulle te sê wat ek van
hulle diens dink, maar my vrou hou my in toom en bedank hulle vriendelik vir
hul goeie diens en hul geduld met ons!
Ek slaan amper bolmakiesie maar stap ter wille van vrede woordeloos daar
uit.
Tuis pak ons
weer ons kamptoerusting in die bakkie en
monteer ook die twee spaarwiele op die dak.
Fanus werk tot
laataand om Track for Africa weer op die GPS te laai. Hy werk tot 23:00 daaraan.
Ons gereed om
die volgende dag op ons toer verder te vertrek.
No comments:
Post a Comment